My kind sukkel om te lees… maar wat beteken dit eintlik?

As leestutor is dit een van die mees algemene boodskappe wat ek kry:
"My kind sukkel om te lees."

Maar “sukkel met lees” kan baie verskillende dinge beteken. En voordat ons kan help, moet ons eers verstaan waar die probleem lê.

Hier is ’n paar belangrike vrae wat jou kan help om dit beter te verstaan:

 

1. Klank jou kind nog woorde uit?

Dis heeltemal normaal vir beginners…
maar as jou kind nog elke woord klank vir klank uitwerk, gaan lees stadig en moeilik wees.

👉 Dit beteken gewoonlik:

  • Klanke en letters is nog nie outomaties nie

  • Daar is nog nie vinnige herkenning van woorde nie

 

2. Raai jou kind woorde?

Sê hulle dalk:

  • “perd” vir “pad”

  • Of kyk hulle na die prentjie en raai?

👉 Dit wys gewoonlik:

  • Hulle vertrou nie hul klankkennis nie

  • Of hulle het nie ’n sterk foniese basis nie

 

3. Lees hulle, maar verstaan nie wat hulle lees nie?

Baie kinders kan woorde lees… maar as jy vra:
"Waaroor het jy gelees?"
dan weet hulle nie.

👉 Dit kan beteken:

  • Lees is nog te stadig en neem al hul breinkrag

  • Of woordeskat is nie sterk genoeg nie

 

4. Sukkel hulle met groter woorde?

As woorde langer raak, raak dit skielik baie moeilik.

👉 Dit wys dikwels:

  • Hulle kan nie woorde in dele opbreek nie

  • Lettergrepe en patrone is nog nie vas nie

 

Hoekom is dit belangrik om dit te weet?

Want elkeen van hierdie probleme het ’n ander oplossing.

As ons nie weet wat fout is nie,
help ons dalk op die verkeerde manier…
en dan raak kinders net meer gefrustreerd.

 

Die goeie nuus 🌿

Lees kan opgebreek word in klein vaardighede—
en wanneer ons die regte een teiken,
begin dinge vinnig verander.

 

Nie seker waar jou kind inpas nie?

Dis presies hoekom ek ’n gratis 15-minuut Zoom gesprek aanbied.

Ons gesels kortliks oor:

  • Waar jou kind nou is

  • Wat moontlik die probleem is

  • En wat jy volgende kan doen

👉 Jy hoef dit nie alleen uit te figure nie.